Die vrou in die blou mantel (Afrikaans Edition)

$18.45
by Deon Meyer

Shop Now
Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, "narcissist, psycho, real arsehole", is besig met sy gewone onheilighede. Maar hier bo in Sir Lowryspas lê 'n vrou wat dit alles gaan verander. Sy is heeltemal kaal, uitgestrek by die groot uitkykpunt, haar kop na die noorde, haar voete na die suide. Iemand het haar liggaam mooi gerangskik en met bleikmiddel gewas om al die forensiese spore uit te vee. Deon Meyer is voltyds skrywer en woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015 en Koors, 2016). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon.

Customer Reviews

No ratings. Be the first to rate

 customer ratings


How are ratings calculated?
To calculate the overall star rating and percentage breakdown by star, we don’t use a simple average. Instead, our system considers things like how recent a review is and if the reviewer bought the item on Amazon. It also analyzes reviews to verify trustworthiness.

Review This Product

Share your thoughts with other customers