Huisgodsdiens (Afrikaans Edition)

$7.00
by Joel R Beeke

Shop Now
Dr. Beeke doen ’n opregte en ernstige beroep op gesinne om terug te keer na gereelde en passievolle Bybelse huisgodsdiens. Met pastorale insig en leiding bied die outeur praktiese en waardevolle antwoorde op die praktyk van huisgodsdiens, terwyl hy terselfdertyd die besware daarteen aanspreek. In ’n wêreld van onbereikbare standaarde en ideale, is hierdie boek ’n nuttige en motiverende gids om huisgodsdiens in jou gesin te vestig of te verryk. “Ek beveel die lees van hierdie boekie sterk aan, veral vir ouers wat hierin ’n hartlike en oortuigende argument sal vind vir die waarde van huisgodsdiens vir hul kinders, en inderdaad vir die hele huishouding.” - Ds. Maurice Roberts “Met hierdie boekie bied dr. Joel R Beeke ons ’n skatkis van goeie raad vir hierdie ernstig verwaarloosde plig onder hedendaagse gereformeerdes. Indien ons die raad ter harte neem en toepas, sal dit nie net help om gelukkiger Christelike huisgesinne te bou nie, maar ook gesonder kerke – kerke wat vir geslagte sal voortduur!” - Pastoor Jerry Marcellino Joel R Beeke (PhD, Westminster Seminary) is rektor en professor in sistematiese teologie en homiletiek aan die Puritan Reformed Theological Seminary; ’n leraar van die Heritage Reformed Congregation in Grand Rapids, Michigan; redakteur van Banner of Sovereign Grace Truth; redaksionele direkteur van Reformation Heritage Books; en ’n produktiewe skrywer.

Customer Reviews

No ratings. Be the first to rate

 customer ratings


How are ratings calculated?
To calculate the overall star rating and percentage breakdown by star, we don’t use a simple average. Instead, our system considers things like how recent a review is and if the reviewer bought the item on Amazon. It also analyzes reviews to verify trustworthiness.

Review This Product

Share your thoughts with other customers