Kerkgeskiedenis is belangrik omdat dit ons wys hoe God se getroue handelinge met sy volk in die Bybel, voortduur in die handelinge van Christus met sy kerk in ons wêreld. As jy nog altyd op soek was na ’n kort boek wat die belangrikste gebeure van kerkgeskiedenis uitlig, insiggewend is en boonop jou belangstelling sal prikkel, is Kerkgeskiedenis 101: Twintig eeue se hoogtepunte die boek wat jy in die oog gehad het. Drie kerkhistorici, ook vrugbare skrywers, het hul kundigheid saamgevoeg om jou ’n beknopte oorsig van die geskiedenis van die Christelike kerk te bied.