Luister: God se stem in my lewe (Afrikaans Edition)

$18.00
by Karien Basson

Shop Now
Soms weerhou die geraas van die wêreld jou om die stem van God in jou lewe te hoor. Hoe klink God se stem? Druis dit oor waters en laat dit die donderweer dreun? Is dit magtig, vol majesteit wat kan oopkloof en laat bewe (Psalm 29) of is dit 'n stil sagte stem wat vrede, liefde en bevestiging bring (1 Konings 19)? In die boek, LUISTER. God se stem in my lewe, beleef jy die karaktereienskappe van 'n lewende God deur die oë en lewenservaringe van Suid-Afrikaanse sportpersone soos Neil Powell, Duane Vermeulen, Sandile "Stix" Ngcobo, Vernon Philander en Mignon du Preez. Skrywer Karien Basson vertel passievolle stories van die liefde vir sport, uitdagende tye en 'n persoonlike ontmoeting met God uit die monde en harte van bekende sportlui. Stap saam deur die lewens van 40 verskillende sportsterre wat sonder huiwering erken: "God is net goed. Ons is almal onvolmaakte mense wat 'n volmaakte God dien en sonder nog 'n kans sou ons verlore gewees het." Hierdie boek is vir elke mens wat die een of ander tyd in hulself en die genade van 'n lewende God getwyfel het.
Product not found

Customer Reviews

No ratings. Be the first to rate

 customer ratings


How are ratings calculated?
To calculate the overall star rating and percentage breakdown by star, we don’t use a simple average. Instead, our system considers things like how recent a review is and if the reviewer bought the item on Amazon. It also analyzes reviews to verify trustworthiness.

Review This Product

Share your thoughts with other customers