Pale Toe! is die beste rugbyboek wat jy ooit sal lees, met skreeusnaakse hoofstukke wat jou sal laat herlees! In hierdie boek skryf die veteraan-rugbyskrywer Michael Green, nes in sy vorige boek Stryd van die Reuse , oor ‘n klompie wonderlike karakters wat deur die jare hul talente op die rugbyveld uigestal het. Dis nou manne soos Kwagga Smit, Beast Mtawarira, Percy Montgomery, Chester Williams en prins Alexander Obolensky, om net ‘n paar te noem. Green vertel ook van sy eie avonture in die rugbywêreld, soos van die dag toe Joost van der Westhuizen hom dik wou tik. En hoe hy as kind die Springbokslot Moaner van Heerden in ‘n inkopiesentrum agtervolg en geteister het. En toe ‘n dorp se drank opgeraak het ná ‘n onverwagte sege teen die All Blacks en oor die Stellenbosch-kroegspan se omstrede rugbytoer waar die dronk spelers graag “Springhaas-springhaas” gespeel het. Nie jou alledaagse rugbyboek nie, dis ‘n rugby-rondomtalie wat jou kan laat lag, huil en ril van lekkerkry!