Ek kyk terug op my lewe en sien mylpale en kruispaaie wat ek gedink het die moeilikste ooit sou wees, maar niks sal kan vergelyk met hoe dit is om na ʼn vreemde land te gaan nie. Om weg te wees van hulle wat jou ‘lewe’ is en waar jy veilig voel. Oor die loop van tyd het ek die Here se fluisterstem in die vreemde gehoor wat my geanker gehou het, wat my koers gegee het en wat my vrede gebring het. Ek deel graag van hierdie gedagtes, wat my diep geraak het met jou wat steeds na soveel jare ʼn diep impak op my lewe maak, met jou wat ek op hierdie pad ontmoet het ...en ook met jóú, wat ek nog nóóit ontmoet het nie, maar deur hierdie ervaring ʼn deelgenoot is aan die ‘wipplank-emosies’ en ‘op-en-af-golfry-ervarings’ wat mens op stilword plekke bring…om Sy stem te hoor …al is dit net ʼn fluistering. Mag jy hierin die hart van God raaksien soos wat ek Hom leer ken het. Groote: 5' x 8' Voorkoms: sagteband met 'matte' voorkoms voorblad 108 room kleurige bladsye